Gulle Verwelkoming
“Wie sal nou vir almal ’n drukkie gee?”
Dit was een van die vrae wat my vriend, Steve, gehad het na hy met kanker gediagnoseer is, en hy besef het hy sal ’n rukkie nie by ons kerk kan wees nie. Steve is die soort mens wat almal welkom laat voel – met ’n vriendelike groet, ’n warm handdruk, en…
Sy Aan Sy
In antieke tye het ’n stad se gebreekte mure ’n verslane nasie aangedui, blootgestel aan gevaar en vernedering. Daaroor het die Jode die mure van Jerusalem herbou. Hoe? Deur sy aan sy te werk, ’n uitdrukking wat eweneens Nehemia 3 kan beskryf.
Met die eerste blik, kan hoofstuk 3 voorkom as ’n vervelige relaas van wie wat gedoen het. Nadere…
Open House Winter-Sale
Durban and surrounding areas, Our Daily Bread Ministries is inviting you to our open house event. Taking place at 22 Buckleigh place Umgeni park, Durban 4051. 10% off on all products.
For more information contact the office on 031 563 6322
Hope to see you there!
Horlosies en Almanakke
My pa is oorlede op 58-jarige ouderdom. Van toe af, staan ek bietjie stil op die datum van sy afsterwe om hom te onthou en te peins oor sy invloed op my lewe. Toe ek besef ek het meer geleef sonder my pa as met hom, het ek begin besin oor die kortstondigheid van my lewe.
Met nabetragting, kan ons stoei met…
Die Land Wat Wyd Lê
Amy Carmichael (1867–1951) het bekendheid verwerf toe sy weesmeisies in Indië gered en gehelp het om ’n nuwe lewe te begin. Te midde van hierdie uitputtende werk, was daar tog tye wat sy “oomblikke van visie” genoem het. In haar boek ‘Gold By Moonlight’ het sy vertel hoedat hulle dikwels, te midde van ’n bedrywige dag, as’t ware ’n blik…
Geen Omdraaipunt Nie
Dit was as ’n daad van verraad beskou toe Romeinse Generaal Julius Caesar in 49 vC sy Dertiende Legioen oor die Rubiconrivier gelei het om Italië binne te val. Die impak van sy besluit was onherroeplik en het gelei tot jarelange burgeroorloë voordat Caesar die absolute leier geword het. Vandag nog is die uitdrukking “om die Rubicon te kruis” ’n…
Soet En Bitter
Party mense hou van bitter sjokolade terwyl ander die soetes verkies. Die antieke Majane van Sentraal-Amerika het sjokolade as ’n drankie geniet en dit met brandrissies gegeur. Hulle het baie van die “bitter water” gehou. Vele jare later het dit in Spanje bekend geword, maar die Spanjaarde het soet sjokolade verkies en suiker en heuning bygevoeg om die natuurlike bitterheid teen…
Die Via Dolorosa
Gedurende Heilige Week bepeins ons die laaste dae voor Jesus se kruisiging. Die pad wat Jesus gestap het deur die strate van Jerusalem, is vandag bekend as die Via Dolorosa, die pad van smarte.
Die skrywer van die boek Hebreërs, beskou egter die pad wat Jesus gestap het as meer as net ’n pad van smarte. Die pad van lyding…
Skottel Van Liefde
Baie jare terug in die fisika-klas het die onderwyser ons gevra – sonder om te kyk – watter kleur die agterste muur van die klaskamer was. Niemand kon antwoord nie, want ons het nie opgelet nie.
Partykeer mis ons of sien nie “goed” van die lewe raak nie, bloot oor ons nie alles kan inneem nie. Soms sien ons goed…
Kyk En Wees Stil
In die lied “Kyk na Hom”, beskryf die Mexikaanse komponis, Rubén Sotelo, Jesus aan die kruis. Hy nooi ons om te kyk en stil te wees, omdat daar eintlik niks te sê is oor Sy soort liefde aan die kruis nie. Deur geloof kan ons die toneel voorstel. Ons kan ons die kruis en die bloed, die spykers en die…